
GETUIENIS
Gert Roberts: 082 879 8883
Hier by Die Gemeente met Oop Deure glo ons elke lidmaat is ’n gestuurde! Elkeen van ons het ’n verantwoordelikheid om “kerk” te wees, die evangelie te verkondig en dissipels te maak daar waar ons elke dag beweeg. Ons is ook op verskillende manier betrokke by plaaslike, nasionale en internasionale getuienis. Joh 20:21 “Soos die Vader my gestuur het, so stuur ek julle.”
PLAASLIK
Plaaslik geskied ons getuieniswerk buite ons gemeente hoofsaaklik deur Jesus-in-Aksie en Lasarus Sopkombuis en ons is ook betrokke by organisasies soos bv Shiloh Synergy en Badisa Trio.
NASIONAAL
Nasionaal ondersteun ons ook sendingwerk
Lesotho
Mariëtte Snyman en haar kinders is in Ladybrand. Hulle is betrokke by sendingwerk in Lesotho en ook op die plaas waar hulle woon.
