HUWELIKE
By Heidekoppie glo ons om gesonde stabiele huwelike te bevorder. Daarom is dit belangrik dat mense in hulle toekoms belê veral met die persoon wat daar gaan wees vir jou deur dik en dun. Kom woon ‘n kort voorhuwelikse kursus by en leer oa oor verwagtinge, kommunikasie, die gevaar van teleursteling en hoe om dit te hanteer. Dit is ‘n moet vir almal wat trou.
Indien jy op die punt staan om te trou, kontak asb die leraar van jou keuse om vroegtydig die huweliksbevestiger te bespreek en reëlings te tref vir jul groot dag. Ons beveel aan dat julle een van ons huwelikseminare op ‘n Saterdagoggend bywoon.