BEGRAFNISSE

Baie sterkte in hierdie moeilike tyd vir julle as familie. Wees verseker van ons gebede. Ons wil graag die moeilike dinge so maklik as moontlik vir julle help maak. 

Tref asb die reëlings so gou moontlik. Die datum en tyd van die diens is belangrik. Maak seker by die kerkkantoor of die kerk beskikbaar sal wees op die dag en tyd waarvoor u dit benodig. Reël asb ook vooraf met die leraar van u keuse en maak seker hy is beskikbaar. Begrafnis-/gedenkdienste vind verkieslik in die oggend plaas.