HOE WORD EK 'N LIDMAAT

Kerk is nie net 'n geleentheid om by te woon nie, dit is ook 'n plek om te behoort. Die Gemeente met Oop Deure het 'n hart vir mense - kinders, gesinne, jongmense, seniors, enkellopendes, die gemeenskap - hier plaaslik en regoor ons land en internasionaal. Ons het mekaar nodig op ons lewensreis en ons nooi jou om jou reis saam met Heidekoppie en God aan te pak en saam te ontdek wie ons in Jesus is.  Ons dienste is elke Sondag om 08:30 en 10:15.  Kinderkerke (0Jr - Gr 6) vind plaas gelyktydig met die 08:30 diens. Space (senior kategese, Gr 7 - 10) is Sondae om 17:30 en die belydenisklas om 16:30. Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar net een oggenddiens om 08:30 en nie Kinderkerk of Space nie. Elke 2de Sondagaand gedurende skoolkwartale het ons ook 'n informele Engelse diens om 19:00. Ons het geen voorgeskrewe kleredrag nie, kom soos jy gemaklik voel. As jy belangstel om lidmaat van Heidekoppie te word, nooi ons jou om by ons Nuwe Lidmate Oriënteringsprogram (sien regs) in te skakel.

Marie van Dyk 073 017 8998

1 - Kom Drink Koffie

Ons sien uit om jou te ontmoet oor 'n koppie koffie by 'n gesellige ontvangs in die voorportaal van die saal na afloop van ons 08:30 diens. 

2 - Woon 'n Inligtingsaand by

Op ’n Donderdagaand om 19:00 - 20:30 in die bovertrek (ingang vanaf die agterste parkeerterrein). Bespreek by Marie van Dyk by 073 017 8998. Ontmoet die leraars, leer die gemeente ken en besluit of jy hier wil inskakel. (Indien jy vroeër by 'n ander gemeente was, vra ons ook jou lidmaatskap aan.)

3 - Welkom by Heidekoppie

Word bekend gestel (opsioneel). Meer besonderhede hieroor sal by die Inligtingsaand verskaf word.

Besoekers

Enige iemand is welkom om by Heidekoppie se eredienste, kinderkerke en aktiwiteite in te skakel. Maak seker jy kyk gereeld na ons Kalender vir alle Heidekoppie aktiwiteite.