HEIDEKOPPIE

Ons is ‘n missionêre geloofsgemeenskap
Sedert die stigting op 7 Oktober 1981 leef ons met die oop deur belofte van Openbaring 3:8 in ons harte. "Ons maak kontak met mense oor alle grense, kom bymekaar en bou verhoudings en ontdek saam wie ons in Jesus is”
In Sy Woord sê God dat waar twee of drie in Sy naam vergader, daar is Hy.
Ons almal het die behoefte om deel te wees - ons strategie is om uit te reik na mense en saam Jesus te ontdek.

MENSE
Kontak oor alle grense
Ons neem ons Kruis op en saam ontdek ons wie ons in Jesus is en dien saam. Diens aan Jesus en aan mekaar. Ons strategie is om bymekaar te kom as gemeente en as familie in Christus.

OOP DEURE
Kom bymekaar, bou verhoudings
Ons opdrag is om mense te begelei en om dissipels (navolgers van Jesus) te wees binne die Koninkryk van God.
Ons wil dit bereik deur uit te reik en kontak te maak met mense oor alle grense.

WêRELD
Geloofsgemeenskap
Saam is ons tot meer in staat. Ons bring ons blydskap, oomblikke van hoop en ook ons sorge en sit dit by Jesus se voete. Saam ontdek ons Jesus en dien Hom en ook mekaar.
Diensbaarheid aan mekaar en om saam te dien.

ONTDEK JESUS SAAM
Ontdek en Dien
Om ons opdrag sinvol uit te voer as dissipels van Jesus, verbind ons ons tot ’n leefstyl waarin ons:
- Ons onderwerp aan God Drie-enig, en ons lewe laat lei deur sy Woord en Gees.
- Lewe as ‘n oop geloofsfamilie waarin ons omgee vir mekaar en vir die wêreld.
- Binne verhoudinge mense begelei om dissipels van Jesus te wees.
- Diensbaar is binne ons gemeenskap en ander gemeenskappe in die wêreld.
- Ons gawes, soos deur die Heilige Gees gegee, ontdek en tot voordeel van die liggaam van Christus gebruik.
- Alles biddend, met smeking en danksegging doen.