GETUIENIS

Senior Bediening

Die Seniors by Heidekoppie  is ‘n kosbare deel van ons gemeente. Die bediening vir Senior Lidmate is ‘n bediening aan en deur en vir senior volwassenes. Die Bediening wil senior lidmate begelei tot volwaardige dissipels van Jesus en hulle potentiaal vir die koninkryk van God ontsluit. Dit behels die mobilisering van seniors tot opbou van die gemeente en uitbreiding van die Koninkryk van God.

Van die aktiwiteite wat deur seniors gereël word, sluit in besoeke, ‘n maandelijkse Silwerjare byeenkoms, bybelstudie en strekoefening.

Kontak Mona Ackermann by 081 444 8921