Identiteit
Die Gemeente met Oop Deure (Open 3:8) is ’n missionale geloofsgemeenskap in Brackenfell.
Opdrag
Om mense te begelei om dissipels (navolgers van Jesus) te wees binne die Koninkryk van God (Joh 20:21).
Waardes
Om ons opdrag sinvol uit te voer as dissipels van Jesus, verbind ons ons tot ’n leefstyl waarin ons:
- Ons onderwerp aan God Drie-enig, en ons lewe laat lei deur sy Woord en Gees.
- Lewe as 'n oop geloofsfamilie waarin ons omgee vir mekaar en vir die wêreld.
- Binne verhoudinge mense begelei om dissipels van Jesus te wees.
- Diensbaar is binne ons gemeenskap en ander gemeenskappe in die wêreld.
- Ons gawes, soos deur die Heilige Gees gegee, ontdek en tot voordeel van die liggaam van Christus gebruik.
- Alles biddend, met smeking en danksegging doen.
Strategie
- Maak kontak - Maak kontak met mense oor alle grense.
- Kom bymekaar - Kom bymekaar en bou verhoudings.
- Leer en ontdek - Ontdek saam wie ons in Jesus is.
- Dien - Stel beskikbaar om te dien.
Standpunt oor Selfdegeslagverhoudinge.