Heidekoppie Logo

Heidekoppie Logo

Bedieningsleier:


Michelle Pio
082 953 6280

Jeugwerker:


Adam Barker
074 172 9187

Voogleraar: Ds Anton Roux (021 981 1353 / )

Kinders

Kinders is belangrik vir ons!

Elke Sondagoggend gedurende skoolkwartale stroom daar tussen 300 en 400 kinders by die oop deure in. Sleep-trek vir pa of ma Kinderkerk toe, ongeduldig om by die speelgoed, maats en Oom of Tannie uit te kom.

By die peutertjies (2-3jr) en kleuters (4-6 jr) is daar nog so nou en dan ‘n seer hartjie, maar as elkeen eers “ingeboek” is (sodat mamma aan die einde darem haar eie woelwater terugkry!) is die trane tussen liefde, stories en liedjies deur, gou-gou iets van die verlede.

Die vier groepe (peuters; kleuters, Gr1-3, Gr4-6) word elkeen in hul eie lokaal op hul eie ontwikkelingsvlak bedien. Daar word eers saamgespeel en daarna is daar “kerk”. Ons loof die Here met sang, bid saam, getuig, ontvang lering en doen vasleggingsaktiwiteite. Wanneer die grootmense klaar is, is “kerk” en “kategese” albei klaar (heeltemal te vinnig!) en die hele gesin kan saam huis toe gaan.

Wat van babas? Natuurlik het ons ‘n bababediening ook! Daar is byna een volwassene vir elke baba en hulle word oorweldig met liefde en aandag.

Ons visie by die Kinderbediening is om kinders te begelei om in Jesus se voetspore te volg – nie altyd ‘n maklike taak nie; maar die Heilige Gees maak alles moontlik!

Getuienisse van ouers:
  • "Sondagoggend 6 uur kom maak ons 5-jarige Willem my wakker - klaar aangetrek! Wanneer ry ons dan nou kerk toe?"
  • "Vandat my kinders by die kinderkerke ingeskakel is, praat hulle met groot gemak met enige een oor Jesus. Hulle juffrou by die skool sê hulle is glad nie skaam om voor die klas te bid nie."
  • "Baie dankie vir die voorreg wat ons het om in ‘n gemeente te wees waar die kinders nie kan wag om kerk toe te kom nie!"

Hoe moet jy te werk gaan as jy jou kinders hiervan wil laat deelraak? Kom net! Die dienste begin amptelik om 08:30, maar vooraf aktwiteite vind reeds vanaf 08:15 plaas. As jy nog enige navrae het, kontak die kerkkantoor of enige van die koördineerders hieronder sommer vandag nog!

Mrk 10:14b "Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle."

Kinderbediening
Koördineerder: Elmari Roux (021 981 1353 / ).

Bababediening
Koördineerder: Lana Conradie (084 587 5007).

Peuters (2 - 3jr)
Koördineerder: Jorika Potgieter (072 279 8887).

Kleuters (4 - 6 jr)
Koördineerder: Carmien Booysen (083 479 5756).

Junior Kinderkerk (Gr 1 - 3)
Koördineerder: Hester Hamman.

Senior Kinderkerk (Gr 4 - 6)
Koördineerder: Katinka Jordaan (062 049 0240)

Kinders en Nagmaal- Kinders en die Nagmaal Inligtingstuk
Kinderdoop- Doop Handleiding

Tieners

Space

'n Eietydse byeenkoms vir ons tieners. Sondae gedurende skoolkwartale om 17:30

Algemene Koördineerder:

Sekretaresse:
Elizma Joubert (083 357 4828 /
)

Space-X (GR 7 - 8)
Koördineerder:

Space Rangers (Gr 9 - 10)
Koördineerder:

Apollo 11 (Finalejaars)
Koördineerder: André Bryetenbach (072 374 1307 / )

Lees meer

Real Lewe Kursusmeteriaal - © Bybel-Media (BM)

Tieners en Seksualiteit - Vyftien wenke vir Ouers

Jong Volwasenes

Identity

'n Byeenkoms gemik op die Matriek tot 26-jariges. Sondae gedurende skoolkwartale om 19:00 tot 20:00 in die Bovertrek.

Mentor:

Algemene Koördineerder: Adam Barker (074 172 9187 / )

Lees meer

end faq