Nagmaal
Soos aangedui op die gemeente-almanak.
Doop
- Doop vind die eerste Sondag van elke maand plaas.
- Voornemende doopouers moet die kerkkantoor kontak vir registrasie ten minste twee maande voor die doop. Inligting ivm die doop en voorafgaande doopgesprek sal dan oorgedra word. Ten minste een ouer moet 'n lidmaat van die gemeente wees.
- Indien u lidmaat van Heidekoppie is, maar u kind in ‘n ander gemeente gaan laat doop, is die doopgesprekke by Heidekoppie steeds verpligtend aangesien dit die begin van ‘n vennootskap tussen die ouer en die kerk is.
- Die gebruik is om ‘n herinneringskissie by die doopgeleentheid aan ouers te verskaf ten einde geloofoordrag op ‘n tasbare manier te bewerkstellig. Daar is 'n koste aan die kissie verbonde (meer detail word tydens die doopgesprek verskaf).
- Inligtingstuk
- Doopreëlings
Huwelik
- Kontak asseblief eerstens 'n leraar.
- Bespreek by die kerkkantoor.
- Reël met die koster, orrelis en audiovisuele persoon.
Begrafnis
- Kontak asseblief eerstens 'n leraar.
- Bespreek by die kerkkantoor.
- Reël met die koster, orrelis en audiovisuele persoon.
- Reël verder met u begrafnisondernemer.
Ernstige siekte
Kontak die siekebediening.
Huisbesoek
Kontak enige een van die leraars indien u huisbesoek verlang.
Dankoffers
Oorbetalings kan per koevertjie, debietorder, Internet(EFT) of met SnapScan gemaak word.
Bankbesonderhede
NG Kerk Heidekoppie
ABSA Brackenfell
Tjekrek nr. 145 058 0674
Takkode 632005
end faq
Kontak die kerkkantoor vir meer inligting oor enige van die bogenoemde (021 981-2690 / )