Heidekoppie Header Image

Ons eie Eko-Klub waar almal welkom is!logo

Kom Ontdek, Beleef en Waardeer die skatte van die skepping in die natuur en samesyn met vriende en kennisse op 'n ontspanne en gemaklike manier.

Ons doelwitte is om:

  • nie ‘n “klub” in die ware sin van die woord te wees waaraan lede moet behoort en ledegeld betaal nie, maar om ‘n program aan te bied waar belangstellendes aan eko-aktiwiteite kan deelneem soos en wanneer dit hulle pas.
  • eko-aktiwiteite, soos bv blomme- of voëlskyk, só aan te bied dat belangstellendes met alle tipe voertuie (sedan, 2x4 en SUV’s) daaraan kan deelneem.
  • so ver moontlik almal wat by ons groep betrokke is, se behoeftes te akkommodeer. Ons is oop vir voorstelle.

Eko-aktiwiteite sluit onder andere die volgende in:

  • Naweekwegbreke met kamp en chalet akkommodasie.
  • Sterrekyk naweek / aande
  • Daguitstappies vir blomme- en / of voëlskyk
  • Eko-praatjies deur kundige persone soos bv. Willie Koorts (van “Sterre en Planete” op RSG) en Marius Burger (aanbieder op “Groen”).
  • Veldkennis opleiding vir natuurliefhebbers.  Onderwerpe soos bv. sterre, plante, insekte, soogdiere, spinnekoppe, voëls, dieregedrag, geluide en tekens in die veld. Dit word aangebied deur geregistreerde veldgidse. As jy lief is vir die veld en jou kennis wil verbeter, is dit iets om by te woon.
  • Fotografie aanbiedings / uitstappies

Indien daar persone is wat bydraes vir die eko-klub kan lewer, kontak asb. die organiseerder. 

Organiseerder / Navrae: Johan van Eeden (083 703 4949 / )

Footer Decoration