Heidekoppie Header Image

Ons wil gehoorsaam wees aan die groot opdrag (Matt. 28) om die evangelie tot aan die uithoeke van die aarde te verkondig!

Nic en Tina Strydom - Madagaskar

Nic en Tina werk voltyds in Madagaskar en hul basis is in Belo Tsiribihina, Sakalava.

Hulle is geroep om die Evangelie aan die onbereikte volkegroepe van Madagaskar te bring.

Hulle doen Evangelisasie, toerusting van gelowiges en lewer ook barmhartigheidsdienste. Alle projekte word in samewerking met die plaaslike kerk gedoen.

  • Plaaslike huiskerke word gestig en leiers word in afgeleë gebiede geplaas.
  • Jaarliks ontvang hulle DTS spanne van YWAM(dissipelskapspanne) wat vir ten minste twee maande van die jaar help met die jeug, byeenkomste en uitreiking.
  • In 2013 is begin om die total onbereikte groep, nl. Mikea, wat in die reservaat bly, te teiken. Gebedsreise en intergrasie, opleiding van evangeliste en toerusting met fietse is reeds gedoen. Tans is ongeletterdheid ‘n groot uitdaging.
  • Nuwe gebiede word voortdurend geteiken en intergrasie en gebedsreise word onderneem.

Weens die huidige insinking in die ekonomie moes die uitreikingsprojekte op die boot, Vonjy, tydelik gestaak word.

Ondersteun Nic en Tina Strydom deur:

  • Voorbidding
  • Finansiële en morele ondersteuning
  • Ondersteuning vir uitreiking na volkegroepe in die reservaat

Nuus:

pdf Nuusbrief (e-pos)

Internet:

Danie en Marina Krynauw - Thailand

Sedert 1994 werk en woon Danie en Marina Krynauw voltyds in Thailand, nadat Danie in 1991 die roeping ontvang het om voltyds sendingwerk in Asië te gaan doen. Saam met hul seun, Daniël, woon hulle in Pattaya, ‘n toeriste stad met baie uitdagings en euwels.

Daniël is voltyds “pastor” in die “Pattaya International Church” (PIC) waar hulle saam met mense van verskeie lande uitreik na Thai mense om hulle.

Saam bedien hulle ook die Thai gemeente op Koh SiChaang Eiland deur gereelde byeenkomste en uitreiking na kinders en volwassenes.

Danie bied Engelse-klasse op verskillende plekke aan wat geleentheid bied vir verhoudingsbou en om die Evangelie te bring. Marina fokus op die onderrig van kinders en hul ouers deur handwerkklasse.

Ondersteun Danie en Marina deur:

  • Voorbidding
  • Finansiële ondersteuning
  • Morele ondersteuning deur facebook of ander kommunikasieweë

Nuus:

Internet:

Francois en Mariëtte Snyman - Lesotho

Brackenfell-inwoners, Francois en Mariëtte Snyman en hulle 4 kinders, is sedert 2014 in Lesotho (Semonkong) gevestig.

Hulle is daar besig met kerkplanting, opleiding van pastore, vroue- en kinderklubs, Bybelstudies, evangelisasie ens. Hulle is ook baie opgewonde oor samewerking met die plaaslike skool vir uitbreiding en beter lokale.

Francois werk ook as operasionele bestuurder by die Semonkong Hospitaalprojek en hulle is grootskaals betrokke by die Farming God’s Way inisiatiewe.

Ondersteun Francois en Mariëtte deur:

  • Voorbidding
  • Finansiële ondersteuning
  • Briefies of ‘n besoek

Nuus:

Epos:

Gert en Martha Roberts - Brackenfell

KMS

As mobiliseerders is dit hul visie dat gemeenskappe wêreldwyd sal transformeer wanneer nood aangespreek word en dat nasies gedissipel word. Hulle tree op as fasiliteerders en mentors in hierdie prosesse.

Tans is hulle veral by die vlg betokke:

  • Heidekoppie: Koördineer samewerking met sendelinge/sendingorganisasies (Martha).  Fasiliteer die vorming en toerusting van projekspanne. Help met die vennootskapsooreenkomste en mobilisering van die gemeente t.o.v. ‘n holistiese getuienis bediening.
  • Bediening onder Franssprekende Afrikane (Martha): Koördineer samewerking met die Franse Gemeenskap
  •  Sri Lanka: Mobiliseringsopleiding van plaaslike kerkleiers het oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar in al drie taalgroepe plaasgevind. (As deel van die werk van Kingfisher Mobliseringsentrum). Mentorering van die leiers vind steeds plaas.
  • Call 42 (www.call42.co.za) – ‘n platform om gelowiges in die werkplek te bedien. Call42 verbind plaaslike gelowiges in die werkplek aan netwerke wat keuses, geleenthede, toerusting en bronne bied om hulle te ondersteun in die uitleef van hulle roeping.
  • Opporeer: (Gert).  ‘n Nie-winsgewende Maatskappy genaamd Opporeer (Opportunities + career) asook ‘n winsgewende Maatskappy genaamd Biopsys wat een-stop ondersteuningsdienste (“Back-office”) verskaf aan Mikro en klein besighede. Die doel is ‘n holistiese raamwerk om die probleem van werkloosheid en ekonomiese bemagtiging in suid Afrika op ‘n volhoubare manier aan te spreek.
Ondersteun hulle deur:
  • Voorbidding vir hulle as gesin
  • Voorbidding vir die rol wat hulle in die Koninkryk verrig
  • Finansiële ondersteuning

Nuus:

Joseph en Sylvie - DRC

Joseph Kabuya en Silvie Mangasa is in Junie 2014 deur Heidekoppie uitgestuur as sendelinge na Lubumbashi in die DR Congo.

Hulle fokus op dissipelmaking en gemeenskapstransformasie. Hulle is oorspronklik van DRC, maar het ‘n aantal jaar in Suid-Afrika gewoon met vlugtelingstatus. Hier was hulle betrokke by die werksaamhede van die Lasarus-bediening en Jesus-in-Aksie. Hulle het ook verskeie kursusse deurloop met die oog op hul bediening in DRC. In Desember 2014 het hulle ‘n babadogter ryker geword.

Van die uitdagings in DRC is die groot aantal vlugtelinge in die suide waar hulle gestasioneer is agv grusame geweld meer noord, verblyf wat ontsettend skaars en duur is, gebrek aan sanitasie geriewe, aanvaarding deur plaaslike gemeentes, siektes soos bv malaria.

Ondersteun hulle deur:

  • Volgehoue gebed asseblief!
  • Finansiële ondersteuning

Nuus:

end faq


Kontak die kerkkantoor weeksdae tussen 09:00 en 12:00 vir meer inligting (021 981 2690 / )

Footer Decoration